
N$5m vir sanitêre doekies is pleisterplak
Loading player...
Die regering se aankondiging om jaarliks 5 miljoen Namibiese dollar toe te ken vir die voorsiening van sanitêre doekies aan skoolmeisies het gemengde reaksies uitgelok. Rinaani Musutua van die Ekonomiese en Maatskaplike Geregtigheidsnetwerk het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel die stap prysenswaardig is, behandel dit slegs die simptome van 'n dieper probleem, armoede en ongelykheid. Sy sê Namibië benodig volhoubare beleide wat die oorsake van armoede aanspreek, nie net tydelike oplossings nie.

