
Omgewingsaktiviste kry teenspoed
Loading player...
Drie jong Afrika-omgewingsaktiviste ry per fiets deur Namibië om te pleit vir Afrika-stemme in die stryd teen klimaatsverandering, as deel van die Light COP30-inisiatief. Die jeuggeleide inisiatief het ten doel om perspektiewe van gemeenskappe regoor die vasteland oor omgewingsbeskerming en klimaatsveerkragtigheid in te samel. Die groep gaan vanmiddag in Windhoek aankom, maar nie sonder dat daar teenspoed was nie. Die groep se fasiliteerder, Kamwuhelo Lisao, gee meer inligting.

