
Midrand-man vas vir 80kg kokaïen
Loading player...
ʼn Ses-en-vyftigjarige man is gearresteer nadat die polisie by sy huis in Midrand, Gauteng, beslag gelê het op 20 miljoen Suid-Afrikaanse rand se kokaïen. Die polisie het tydens ʼn misdaadintelligensie-operasie ʼn wenk opgevolg oor dwelms wat op ʼn kleinhoewe in Blue Hills, Midrand, geberg word. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê toe die huis deursoek is, het hulle in ʼn pakkamer op die versteekte kokaïen afgekom:

