
Kenner sê oor beesvleis produksiegaping
Loading player...
China se groeiende aptyt vir Namibiese beesvleis kan die vraag tot 20 000 ton per maand laat styg, maar kenners waarsku dat produksie nie tred sal kan hou nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het landboukenner Wallie Roux gesê Namibië, die droogste Afrika-land suid van die Sahara, staar natuurlike beperkings in die gesig ten opsigte van hoeveel dit kan produseer. Die land se afhanklikheid van reënval beteken dat die uitbreiding van beesvleisproduksie met stygende koste sal gepaardgaan. Roux het meer.

