
Wolvaardt gesels oor Protea-vroue se geskiedenis-oomblik
Loading player...
Kaptein Laura Wolvaardt het 'n meesterklas in kolfwerk aangebied toe Suid-Afrika Engeland met 125 lopies in Guwahati geklop het om hul eerste eendag-eindstryd in die Vroue-wêreldbeker te haal. Wolvaardt het 169 lopies gemoker, die hoogste telling ooit van 'n Suid-Afrikaner by 'n Wêreldbeker, sodat die Proteas 'n indrukwekkende 319 vir sewe lopies kon aanteken. In antwoord het Marizanne Kapp vyf paaltjies geneem toe Engeland vir 194 uitgeboul is. Suid-Afrika sal teen Australië of Indië in Sondag se eindstryd te staan kom. Wolvaardt sê vennootskappe was die sleutel:

