
Handelsooreenkom met VSA dalk binnekort - Cyril
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die 30-persent tariewe wat Amerika op Suid-Afrikaanse uitvoere gehef het, het die land genoop om sy handelsomvang te diversifiseer. Die president is op ʼn tweedaagse staatsbesoek aan Switserland. Die land is een van Suid-Afrika se belangrikste Europese handelsvennote met ʼn handelsvolume van 18,2 miljard Suid-Afrikaanse rand in 2024. Ramaphosa sê die regering hoop om binnekort ʼn handelsooreenkoms met Amerika te sluit:

