
Agterstand van 41 000 ballistiese toetse 'n nasionale krisis in SA
Loading player...
Action Society sê die krisis by die polisie se ballistiese afdeling bevestig die dringende behoefte dat Suid-Afrika se forensiese dienste gedesentraliseer word. Daar is hierdie week by die Madlanga-kommissie onthul dat meer as 41 000 misdaadsake by die afdeling agterstallig is weens personeeltekorte en vertragings. Action Society-woordvoerder Juanita du Preez sê die agterstand is ʼn nasionale krisis, maar ook ʼn simptoom van iets veel erger:

