
Tamatie-uitvoere hervat na buurland
Loading player...
Sonop Farming slaak ‘n sug van verligting. Met ingang van vandag word plaaslike tamatieprodusente weer toegelaat om hul produkte na Suid-Afrika uit te voer. Die uitvoerverbod, wat sedert Augustus van krag was weens nie-nakoming van fitosanitêre vereistes wat deur Suid-Afrika se Nasionale Plantbeskermingsorganisasie geïdentifiseer is, is nou opgehef. Die drie maande lange skorsing het aansienlike finansiële verliese vir baie boere veroorsaak. Landbouminister, Inge Zaamwani, het die aankondiging in die parlement gemaak.

