
Reën op pad, kan druiwe-oes knou
Loading player...
Nuus oor reën wat op pad is, is altyd goed, maar as jy 'n liefhebber van wyn is, mag jy dalk begin dink daar's 'n krisis op pad! Die onafhanklike meteoroloog, Johan van den Berg, sê wydverspreide reën word rondom 6 en 12 November verwag. Dit bring hoop vir weivelde, maar kommer vir gewasboere aangesien La Niña 'n paar natter maande wat voorlê belowe.

