
Registreer by ambassades, Namibiërs in buiteland
Loading player...
Die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, Jenelly Matundu, het Namibiërs wat in die buiteland woon, versoek om by die naaste ambassade te registreer. Dit is noodsaaklik vir hul veiligheid tydens noodgevalle. Matundu het in die parlement gesê dat ambassades dikwels onregverdig gekritiseer word vir swak prestasie, maar dat hulle 'n sleutelrol speel in die beskerming van burgers en die bystand van diegene in nood in die buiteland.

