
Kongres vra Andrew om te getuig in Epstein-ondersoek
Loading player...
Die Amerikaanse kongreslid Suhas Subramanyam, het saam met 15 ander Demokrate, ‘n brief aan Andrew Mountbatten Windsor gestuur waarin 'n onderhoud met hom versoek word oor sy bande met Jeffrey Epstein. Subramanyam is deel van ‘n komitee wat ondersoek na Epstein se oortredings instel. Die versoek is nie bindend nie. Subramanyan sê Andrew het baie inligting.

