AfriForum ondersoek 1978-moord deur ANC-insypelaars

Loading player...
Die familie van die burgerlike Jaap van der Merwe, wat in 1978 deur ANC-insypelaars vermoor is naby die grens met Botswana, het AfriForum amptelik versoek om antwoorde te vind oor moontlike politieke inmenging met die vervolging van 'n geïdentifiseerde verdagte. Sy liggaam is nooit gevind nie. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê een van die verdagtes, wat destyds die skuilnaam John Msibi gebruik het, het nie by die Waarheids- en Versoeningskommissie om amnestie aansoek gedoen nie en leef steeds:
10 Nov 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

G'n parool vir Leigh Matthews-moordenaar

Donovan Moodley, wat 'n lewenslange vonnis uitdien vir die moord op die Bond Universiteit-student, Leigh Matthews in 2004, is parool geweier. Matthews is buite die universiteit in Morningside, Sandton, ontvoer en vermoor, ten spyte van losprys van 50 000 rand wat deur haar familie betaal is. Moodley sal oor die…
20 Dec 12AM 1 min

Copps 94.1: Mesgeweld op Walvisbaai

Talle motoriste wat by padblokkades beboet is, was Vrydagaand aan die orde van die Copps 94.1-skof op Walvisbaai. Sake het egter teen die einde van die skof ‘n ernstige wending geneem met ‘n messteekvoorval op dié kusdorp. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel:
19 Dec 11PM 1 min

Moenie verkeersbeamptes probeer omkoop nie!

Die Zambezi-streekpolisiebevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, sê dat diegene wat van voorneme is om polisiebeamptes, veral verkeersbeamptes, hierdie feestyd om te koop, hulself agter tralies sal bevind. Hy het die aanmerkings gemaak na aanleiding van die onlangse drie onsuksesvolle pogings om verkeersbeamptes in die streek om te koop.
19 Dec 10AM 1 min

SANParke ondersoek noodlottige val op Leeukop

'n Stapper is dood na hy van 'n roete op Leeukop in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad geval het. Nooddienste het onmiddellik gereageer, maar kon nie die stapper red nie. JP Louw van SANparke sê die saak is aan die polisie oorhandig vir ondersoek. Hy het Wildernis-soek en -redding,…
19 Dec 10AM 1 min