Ministerie belê groot in pre-primêre onderwys

Loading player...
Die onderwysministerie het die landwye uitrol van 1 571 pre-primêre stelle in klaskamers in al 14 streke van stapel gestuur. Hierdie belegging van 3 miljoen Namibiese dollar is 'n belangrike stap vorentoe in die versterking van vroeë leer en die bevordering van inklusiewe, speelgebaseerde onderwys vir elke jong kind. Cassandra Krohne, kommunikasie-assistent by die Europese Unie se Tegniese Ondersteuningspan, het met Kosmos 94.1 gepraat.
10 Nov 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

G'n parool vir Leigh Matthews-moordenaar

Donovan Moodley, wat 'n lewenslange vonnis uitdien vir die moord op die Bond Universiteit-student, Leigh Matthews in 2004, is parool geweier. Matthews is buite die universiteit in Morningside, Sandton, ontvoer en vermoor, ten spyte van losprys van 50 000 rand wat deur haar familie betaal is. Moodley sal oor die…
20 Dec 12AM 1 min

Copps 94.1: Mesgeweld op Walvisbaai

Talle motoriste wat by padblokkades beboet is, was Vrydagaand aan die orde van die Copps 94.1-skof op Walvisbaai. Sake het egter teen die einde van die skof ‘n ernstige wending geneem met ‘n messteekvoorval op dié kusdorp. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel:
19 Dec 11PM 1 min

Moenie verkeersbeamptes probeer omkoop nie!

Die Zambezi-streekpolisiebevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, sê dat diegene wat van voorneme is om polisiebeamptes, veral verkeersbeamptes, hierdie feestyd om te koop, hulself agter tralies sal bevind. Hy het die aanmerkings gemaak na aanleiding van die onlangse drie onsuksesvolle pogings om verkeersbeamptes in die streek om te koop.
19 Dec 10AM 1 min

SANParke ondersoek noodlottige val op Leeukop

'n Stapper is dood na hy van 'n roete op Leeukop in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad geval het. Nooddienste het onmiddellik gereageer, maar kon nie die stapper red nie. JP Louw van SANparke sê die saak is aan die polisie oorhandig vir ondersoek. Hy het Wildernis-soek en -redding,…
19 Dec 10AM 1 min