Sinner wen in Turyn, behou kans om eerste op ranglys te wees

Loading player...
Die tweede gekeurde Jannik Sinner van Italië het sy titel verdedig met ʼn oorwinning in Turyn. Die 24-jarige Sinner het met die Kanadees, Felix Auger-Aliassime, afgereken om sy kanse op die eerste plek op die ranglys lewend te hou indien hy die Spanjaard, Carlos Alcaraz, kan klop. Taylor Fritz van Amerika het die kwalifiseerder van Italië, Lorenzo Musetti wat sy debuut by die toernooi maak, verslaan. Sinner sê dis altyd spesiaal om voor sy tuisskare te speel:
11 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Moenie verkeersbeamptes probeer omkoop nie!

Die Zambezi-streekpolisiebevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, sê dat diegene wat van voorneme is om polisiebeamptes, veral verkeersbeamptes, hierdie feestyd om te koop, hulself agter tralies sal bevind. Hy het die aanmerkings gemaak na aanleiding van die onlangse drie onsuksesvolle pogings om verkeersbeamptes in die streek om te koop.
19 Dec 10AM 1 min

SANParke ondersoek noodlottige val op Leeukop

'n Stapper is dood na hy van 'n roete op Leeukop in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad geval het. Nooddienste het onmiddellik gereageer, maar kon nie die stapper red nie. JP Louw van SANparke sê die saak is aan die polisie oorhandig vir ondersoek. Hy het Wildernis-soek en -redding,…
19 Dec 10AM 1 min

Kommentaar-tydperk op Beleggingsbevorderings-wetsontwerp verleng

Die handelsministerie het landwye konsultasies oor die Namibiese Beleggingsbevorderings-wetsontwerp gehou. Kenners het die wetgewing gekritiseer omdat dit volgens hulle nie beter as die vorige een is nie, en die publiek kon tot 12 Desember insette lewer. Dit is nou uitgestel en die publiek kan tot 31 Januarie 2026 kommentaar indien…
19 Dec 9AM 1 min

Walvisbaai Sages Gholftoernooi kry N$100 000 borgskap

Die Walvisbaai Sages Gholftoernooi het ‘n reuse hupstoot gekry met Old Mutual Namibia wat 'n driejaar-borgskapverbintenis van 100 000 Namibiese dollar aangekondig het. Hierdie vennootskap beklemtoon die maatskappy se toewyding om gemeenskapsontwikkeling te bevorder en inisiatiewe te ondersteun wat 'n betekenisvolle impak maak. Old Mutual se nasionale verkoopbestuurder, Fabio Do…
19 Dec 9AM 1 min