VSA-sluiting: Vlugte sal verder ingeperk word

Loading player...
Die Amerikaanse minister van Vervoer, Sean Duffy, sê vlugontwrigtings kan aansienlik vererger, en lugdienste kan vlugte afskaf as die regering ingeperk bly. Die Federale Lugvaartadministrasie het gister die verpligte besnoeiings aan vlugte by 40 van die land se grootste lughawens tot 6 persent verhoog, wat gelei het tot die kansellasie van meer as 1 200 vlugte. Die Senaat het Maandag die Korttermyn-befondsingswetsontwerp aanvaar om die regering te heropen, maar dit moet nog deur die Huis van Verteenwoordigers goedgekeur word. Duffy sê teen môre sal 8 persent van vlugte gesny word:
12 Nov 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Napha reageer skerp op 'oningeligte' beriggewing

Die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, het skerp gereageer op mediaberigte wat hy as misleidend beskryf na Namibië se voorstelle aan die COP20-beraad in Oesbekistan. Napha sê die konferensie het ongekende verwerping van wetenskapsgebaseerde, staatsgeleide volhoubare gebruiksvoorstelle ten gunste van die politieke pers gesien. Die president van Napha Hannes du Plessis,…
7 Dec 11PM 1 min

Saai stig vereniging vir Suid-Afrikaners om werk in VSA te vind

Die familieboerderynetwerk Saai het 'n vereniging gestig vir agentskappe wat Suid-Afrikaners help om werk op plase in Amerika te vind. Saai se raadsvoorsitter, Theo de Jager, sê die vereniging, H2A Agency Association, wil die integriteit van die beroep en die geleenthede wat jaarliks aan Suid-Afrikaners en plaaswerkers van elders in…
7 Dec 11PM 1 min

Handel hou Khomas sake-betrokkenheid vandag

Die handelministerie gaan in samewerking met die nywerheidsministerie die Khomas streeksake-betrokkenheid vandag in Windhoek aanbied. Die sessie gaan fokus op die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied. Kosmos 94.1 Nuus het met Rosalia Uushona van die handelministerie gepraat wat meer inligting gee.
7 Dec 10PM 1 min

Norris vat F1-bestuurderstitel

McLaren-renjaer Lando Norris het sy eerste Formule Een-bestuurderstitel opgeraap toe hy derde geëindig het in die seisoen se laaste wedren by die Abu Dhabi Grand Prix. Die 26-jarige renjaer is die eerste McLaren-wêreldkampioen in 17 jaar en die elfde Britse renjaer wat die kroon dra. Max Verstappen van Red Bull…
7 Dec 10PM 1 min