
Regering verbind aan versnelling van grondhervorming - Mashatile
Loading player...
Die adjunkpresident, Paul Mashatile, sê die regering bly verbind tot die versnelling van grondhervorming terwyl dit binne die Grondwet plaasvind. In antwoord op vrae in die nasionale vergadering het Mashatile gesê die parlement het die gesag om die Grondwet te wysig, maar die terugdatering van grondeise voor 1913 word nie tans oorweeg nie. Hy het ook bevestig dat die vinnige grondvrystellingsprogram aan die gang is om grond te verskaf, nedersettings te ondersteun en te verseker dat herstelde grond bydra tot inklusiewe ekonomiese groei:

