Ronaldo sê 2026 Wêreldbekertoernooi is sy laaste

Loading player...
Sokker: Die Portugese doelskieter Cristiano Ronaldo sê volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Kanada, Mexiko en Amerika is beslis sy laaste. Die 40-jarige, wat in Saoedi-Arabië vir Al-Nassr speel, het 953 doele vir sy klubs en land aangeteken en is die eerste manlike speler ooit wat doele aangeteken het in vyf Wêreldbekertoernooie. Ronaldo het in 'n onderhoud op die Toerismeberaad in Riaad gesê dis spesiaal om die geleentheid te hê om in sy sesde Wêreldbekertoernooi te speel:
12 Nov 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Napha reageer skerp op 'oningeligte' beriggewing

Die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, het skerp gereageer op mediaberigte wat hy as misleidend beskryf na Namibië se voorstelle aan die COP20-beraad in Oesbekistan. Napha sê die konferensie het ongekende verwerping van wetenskapsgebaseerde, staatsgeleide volhoubare gebruiksvoorstelle ten gunste van die politieke pers gesien. Die president van Napha Hannes du Plessis,…
7 Dec 11PM 1 min

Saai stig vereniging vir Suid-Afrikaners om werk in VSA te vind

Die familieboerderynetwerk Saai het 'n vereniging gestig vir agentskappe wat Suid-Afrikaners help om werk op plase in Amerika te vind. Saai se raadsvoorsitter, Theo de Jager, sê die vereniging, H2A Agency Association, wil die integriteit van die beroep en die geleenthede wat jaarliks aan Suid-Afrikaners en plaaswerkers van elders in…
7 Dec 11PM 1 min

Handel hou Khomas sake-betrokkenheid vandag

Die handelministerie gaan in samewerking met die nywerheidsministerie die Khomas streeksake-betrokkenheid vandag in Windhoek aanbied. Die sessie gaan fokus op die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied. Kosmos 94.1 Nuus het met Rosalia Uushona van die handelministerie gepraat wat meer inligting gee.
7 Dec 10PM 1 min

Norris vat F1-bestuurderstitel

McLaren-renjaer Lando Norris het sy eerste Formule Een-bestuurderstitel opgeraap toe hy derde geëindig het in die seisoen se laaste wedren by die Abu Dhabi Grand Prix. Die 26-jarige renjaer is die eerste McLaren-wêreldkampioen in 17 jaar en die elfde Britse renjaer wat die kroon dra. Max Verstappen van Red Bull…
7 Dec 10PM 1 min