
Daar's gevare in olie- en gaslisensiëringsoordrag aan NNN
Loading player...
Die tussentydse energieminister, Frans Kapofi, het voorgestel dat alle lisensiëringsbevoegdhede in die land se olie- en gassektor aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah oor te dra. Die voorgestelde wysiging van die Petroleumwet, wat dringend in die parlement ter tafel gelê is, kom te midde van onlangse uitvoerende geskille oor beheer van die winsgewende sektor. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus waarsku beleidsontleder Marius Kudumo dat die skuif gevare inhou.

