
Namibië woeker by COP30
Loading player...
Namibië word by COP30 verteenwoordig deur omgewingminister Indileni Daniel, saam met die Omgewingsbeleggingsfonds se uitvoerende hoof, Benedict Libanda. Hulle het die land se deelname aan drie hoëvlak-gesprekke gelei. Die sessies het gefokus op klimaatsfinansiering, gemeenskapsweerbaarheid en klimaatsgedrewe mobiliteit. Kosmos 94.1 Nuus het met die fonds se woordvoerder, Romeo Muyunda gesels wat meer inligting gee.

