
Versigtig met openbare Wi-Fi
Loading player...
Die Kommunikasieregulerende Owerheid van Namibië, Cran, waarsku teen die gebruik van Wi-Fi wat in openbare plekke soos hotelle, lughawens, restaurante, winkelsentrums en biblioteke aangebied word, en gratis toegang tot die internet bied. 'n Openbare Wi-Fi-netwerk kan óf oop, dus onbeveilig, óf geïnkripteer, of beveilig wees. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano het meer.

