
Enoch speek nie dieper probleme in begroting aan nie
Loading player...
TLU SA kritiseer die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring omdat dit fiskale syfers aanspreek, maar nie Suid-Afrika se dieper probleme aanpak nie. Bennie van Zyl van die organisasie sê misleide beleid, ondermynde eiendomsregte, politieke aanstellings bo kundigheid, en institusionele verval, bly onaangespreek. Van Zyl sê alhoewel daar skuldstabilisering en infrastruktuurplanne is, meen TLU SA dat volhoubare groei afhang van duidelike beleid, verantwoordbaarheid, vryemarkbeginsels en bekwame, en die kundige bestuur van staatsinstellings:

