
Sondebelasting moet direk aan gesondheid toegewys word
Loading player...
Die plastieksakheffing word direk aan die Omgewingsbeleggingsfonds oorgedra. Hoekom nie sondebelasting nie? Die gesondheidsministerie maak gereeld melding van befondsingstekorte en die impak van drank en sigarette op die gesondheidstelsel en tog, word die belasting direk aan die Tesourie oorbetaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die veteraan ekonoom dr. John Steytler gepraat. Hy stem saam.

