
Sentralisering van olie en gas beheer kan lei tot misbruik
Loading player...
Reaksie word ontvang op die voorgestelde wysiging van die Petroleumwet wat beheer oor Namibië se olie- en gassektor te sentraliseer onder die president. Die stap is daarop gemik om besluite te versnel en 'n toegewyde regulatoriese eenheid vir die stroomop-bedryf in die Presidensie te vestig. Die eenheid sal ‘n direkteur-generaal hê en alle besluite sal berus by hom of haar. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gepraat, Graham Hopwood wat sê die tekens was daar dat sy dit sou doen. Hy sê verder hy glo president Netumbo Nandi-Ndaitwah se bedoeling is goed maar kan wel in die toekoms deur toekomstige presidente misbruik word.

