Baanbrekende gas-na-energie-aanleg sit vullis in krag om

Loading player...
Die Stad Kaapstad se nuwe gas-na-energie-aanleg sal genoeg elektrisiteit opwek vir 4 300 huishoudings deur sy afvalgas na kragopwekking-projek by die Coastal Park Vullisterrein. Die metro het reeds 93-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die projek bestee en sal die volgende drie jaar nog 82-miljoen-rand belê vir verdere infrastruktuur by ander vullisterreine. Die burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die inisiatief sal in die toekoms vir homself betaal met verminderde elektrisiteit-aankope van Eskom en die verkoop van koolstofkrediete:
13 Nov 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mediadekking by Madlanga-kommissie hersien

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê haar departement hersien mediadekking by die Madlanga-kommissie na die moord op Marius “Vlam” van der Merwe, bekend as Getuie D, in Brakpan, Ekurhuleni, Vrydagaand. Kubayi het tydens die media-inligtingsessie gepraat oor die vordering wat gemaak is in haar eerste jaar…
7 Dec 4AM 1 min

Namibiese jagluipers floreer in Indië, sê hoë kommissaris

Indië se hoë kommissaris in Namibië, Rahul Shrivastava, sê die integrasie van Namibiese jagluiperds in die land vorder goed. Indië se jagluiperds uit Namibië sluit nou ‘n derde generasie welpies in en daar is in totaal 17 van dié katte van Namibiese herkoms in die land. Shrivastava het Vrydag in…
7 Dec 2AM 1 min

Sluipmoord op Madlanga-getuie 'onaanvaarbaar', sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa vra vir 'n spoedige ondersoek en sterker getuiebeskermingsmaatreëls na die moord op Marius van der Merwe, bekend as Getuie D by die Madlanga-kommissie. Die 41-jarige is Vrydagaand verskeie kere voor sy gesin buite hul huis in Brakpan in Ekurhuleni geskiet. Ramaphosa sê Van der Merwe het die…
7 Dec 1AM 1 min

Regering gaan net nie geld aan jeug 'uitdeel' nie, sê NNN

Die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds wat die regering vroeër vanjaar as teenvoeter vir werkloosheid van stapel gestuur het, het reeds sowat 700 werksgeleenthede geskep, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die sentrale komiteevergadering van Swapo se Jeugliga gesê. Meer as ‘n honderd projekte is tot dusver befonds. Nandi-Ndaitwah het nie doekies omgedraai…
7 Dec 12AM 1 min

Polisie las klopjag ná massaskietvoorval in Pretoria

Die polisie het 'n klopjag na drie verdagtes van stapel gestuur na die moord op elf mense by 'n sjebien die Saulsville Hostel in Atteridgeville, in die weste van Pretoria. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagtes het Saterdagoggend by die kuierplek aangekom en lukraak begin skiet. 'n Totaal van 25…
7 Dec 12AM 1 min