Britse joernalis sê oor ICE-arrestasie in San Francisco

Loading player...
'n Britse joernalis en politieke kommentator wat vir meer as twee weke deur Amerikaanse immigrasiebeamptes aangehou is, het Donderdag terug in Brittanje aangekom. Immigrasie-beamptes het Sami Hamdi, 'n pa van drie, op 26 Oktober by San Francisco Internasionale Lughawe aangehou. Hy is voorgekeer die dag nadat hy die jaarlikse gala van die Raad vir Amerikaans-Islamitiese Betrekkinge in Kalifornië toegespreek het. Hamdi het met Sky News gepraat.
14 Nov 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sluipmoord op Madlanga-getuie 'onaanvaarbaar', sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa vra vir 'n spoedige ondersoek en sterker getuiebeskermingsmaatreëls na die moord op Marius van der Merwe, bekend as Getuie D by die Madlanga-kommissie. Die 41-jarige is Vrydagaand verskeie kere voor sy gesin buite hul huis in Brakpan in Ekurhuleni geskiet. Ramaphosa sê Van der Merwe het die…
7 Dec 1AM 1 min

Regering gaan net nie geld aan jeug 'uitdeel' nie, sê NNN

Die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds wat die regering vroeër vanjaar as teenvoeter vir werkloosheid van stapel gestuur het, het reeds sowat 700 werksgeleenthede geskep, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die sentrale komiteevergadering van Swapo se Jeugliga gesê. Meer as ‘n honderd projekte is tot dusver befonds. Nandi-Ndaitwah het nie doekies omgedraai…
7 Dec 12AM 1 min

Polisie las klopjag ná massaskietvoorval in Pretoria

Die polisie het 'n klopjag na drie verdagtes van stapel gestuur na die moord op elf mense by 'n sjebien die Saulsville Hostel in Atteridgeville, in die weste van Pretoria. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagtes het Saterdagoggend by die kuierplek aangekom en lukraak begin skiet. 'n Totaal van 25…
7 Dec 12AM 1 min

Goeie plaaslike oes laat pryse tuimel

Voermeester gee 'n oorsig oor die plaaslike oes van makro-kommoditeite wat bo-verwagting goeie resultate gelewer het. Dit het veroorsaak dat die aanbod die vraag oorskry, wat pryse laat daal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof van Voermeester gepraat:
6 Dec 5AM 1 min

Cuvelai wil 10 000 huise bou

'n Nuwe nasionale behuisingsprogram het ten doel om 100 000 bekostigbare huise in net vyf jaar te bou. Die Cuvelai Spesiale Behuisingskemafonds het sy eerste fase afgeskop, met die doel om 10 000 nuwe eenhede te bou, met 2 142 wat vir Keetmanshoop alleen beplan word. Die skema bied huise…
6 Dec 4AM 1 min