
McKenzie sê dit sal fout wees om Ramaphosa te verwyder
Loading player...
Die leier van die Patriotic Alliance en minister van sport, Gayton McKenzie, sê dit sou 'n groot fout wees van die ANC om president Cyril Ramaphosa te verwyder. Dit volg op toenemende gerugte rondom sy moontlike bedanking ná hierdie naweek se G20-leiersberaad. McKenzie het op Facebook Live gesê inflasie wat op die laagste in jare is en verbeterde werkskepping in die derde kwartaal toon die regering van nasionale eenheid stuur die land in die regte rigting:

