
Hof gooi klagtes teen Gariseb uit
Loading player...
Die Windhoekse landdroshof in Katutura het die aanklagte wat deur die stadspolisie teen die aktiviste Shaun Gariseb en Armando Pieters aanhangig gemaak is, van die hand gewys en die saak van die rol geskrap. Die twee het aanklagte van aanhitsing tot openbare geweld, obstruksie en openbare onsedelikheid in die gesig gestaar nadat hulle, saam met gemeenskapslede van die Katutura Sentrale Kiesafdeling, verlede maand rioolafval by die Katutura Munisipale Kantoor gestort het. Gariseb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hul regstryd is nog nie verby nie.

