
Meatco se huide-uitvoere 'n mylpaal
Loading player...
Meatco het aangekondig dat hulle Donderdag twee vraghouers natblou velle vanaf hul Okapuka-looiery na Mombasa, Kenia, deur die hawe van Walvisbaai sal verskeep. Die tussentydse uitvoerende hoof, Albertus Aochamub, sê dit dui op ware momentum om die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied se mark van 3,4 triljoen Amerikaanse dollar met meer as 1,3 miljard verbruikers te benut. Dit is Namibië se tweede verskeping, na Junie se 45 000 ton soutuitvoere na Nigerië. Aochamub het met Kosmos 94.1 gepraat vir meer.

