
Korrupsie-aangeklaagde Gigaba moet opsystaan: Cosatu
Loading player...
Cosatu verwelkom die voormalige minister van Openbare Ondernemings, Malusi Gigaba, se gewilligheid om sy volle samewerking aan die howe en wetstoepassing te bied. Hy het Dinsdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie wat verband hou met Transnet. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê gegewe Gigaba se senior leiersposisies in die parlement, asook dat hy 'n lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee is, is dit noodsaaklik dat die party se opsystaan-resolusie sonder versuim toegepas word:

