
SA inflasie styg tot 3,6% in Oktober
Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het die tweede agtereenvolgende maand gestyg en in Oktober 3,6-persent bereik, die hoogste in langer as 'n jaar. Voedselinflasie het gedaal tot 3,9-persent, met stadiger stygings in die prys van groente, vrugte, drankies, suiker en vleis, hoewel sekere basiese goedere soos graankosse, vis, olie en suiwelprodukte duurder geword het. Statistieke SA se woordvoerder, Ricado Johnson, sê Noordwes het die hoogste inflasie van al die provinsies getoon teen 4,3-persent, terwyl die Oos-Kaap die laagste was teen 3,1-persent:

