
G20 gee reuse hupstoot aan SA-toerisme
Loading player...
Toerismeminister Patricia de Lille sê Suid-Afrika sal hierdie naweek meer as 42 bevestigde staatshoofde verwelkom vir die G20-leiersberaad. Sy beklemtoon meer as 135 sakegeleenthede en -vergaderings het reeds toerisme in al nege provinsies 'n hupstoot gegee sedert die land die G20-presidentskap oorgeneem het. De Lille sê die sektor het verlede jaar 1,8-miljoen werksgeleenthede geskep, met selfs groter potensiaal onder die nuwe Toerismegroei-vennootskapsplan. Sy moedig besoekers aan om al die provinsies te verken:

