
Landdros-sloerstaking: Selle in Oshana loop oor
Loading player...
Die landdroste se sloerstaking dryf Oshana se reeds oorvol polisieselle tot breekpunt, met polisiebevelvoerder kommissaris Naftal Sakaria wat waarsku dat oorbevolking gevaarlik geword het. Hy sê sommige van die streek se selle, wat vir 130 aangehoudenes gebou is, is nou volgepak met byna 270 mense omdat daar te min landdroste is om sake te verwerk. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Sakaria die situasie is onvolhoubaar.

