
Boere tussen Kamanjab en Outjo sukkel met olifante
Loading player...
'n Toename in olifant-aktiwiteite word opgemerk in sekere dele van die land. Boere kla oor hulle infrastruktuur wat beskadig of verwoes word, terwyl hulle nie genoegsame hulp van die owerhede kry nie. Die diere is veral vernietigend as hulle nie water kry nie. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Helmke von Bach, 'n landbou-ekonoom by Unam en boer naby Kamanjag gepraat wat 'n oorsig van die probleem gee.

