
Metcalfe is sat vir landdros-staking
Loading player...
Prokureur Richard Metcalfe het kommer uitgespreek oor die sloerstaking deur landdroste, en waarsku dat dit toegang tot geregtigheid kan ondermyn. Metcalfe sê landdroste, as grondwetlike beskermers van die laerhowe, loop die risiko om die regte wat hulle moet beskerm, te belemmer. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat sommige landdroste geweier het om by die aksie aan te sluit terwyl ander voortgaan, 'n gedrag wat hy as ongrondwetlik beskryf.

