
NHE oorhandig 34 huise in Mariental
Loading player...
Die Nasionale Behuisingsonderneming het Donderdag 34 huise in Mariental oorhandig, wat vir meer as 6,5 miljoen Namibiese dollar gebou is. Die projek is binne ongeveer sewe maande afgehandel. Die adjunkminister van landelike en stedelike ontwikkeling, Evelyn !Nawases-Taeyele, het by die seremonie 'n beroep gedoen op munisipaliteite en dorpsrade om grond gratis aan die NHE beskikbaar te stel vir bekostigbare behuising.

