
Onderhoudswerk aan Orano-ontsoutingsaanleg is voltooi
Loading player...
NamWater se tweejaarlikse onderhoudssluiting van die Orano-ontsoutingsaanleg is voltooi, en inwoners van Swakopmund, Nonidas, Arandis en omliggende gebiede kan water soos normaal gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Namwater se woordvoerder, Lot Ndamanomhata, wat bevestig alles is terug na normaal.

