
Afrika moet G20 vir eie agendas gebruik, sê Ramaphosa
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het Afrikalande versoek om hul ekonomiese samewerking te verbeter en gesê dit is noodsaaklik vir vastelandontwikkeling en -integrasie, en die bou van veerkragtigheid en selfstandigheid. Hy het gisteraand 'n dinee aangebied vir Afrika-staatshoofde en regeringsamptenare wat die G20-leiersberaad in Sandton bywoon. Ramaphosa sê Afrikalande moet die G20 gebruik om hul agendas te bevorder na die erosie van die Wêreldhandelsorganisasie se reëlgebaseerde stelsel:

