
Zambezi bly baklei teen malaria
Loading player...
Die gesondheidministerie voer anti-malaria-bespuitingsveldtogte en ander beheermaatreëls in die Zambezi-streek uit om 'n beduidende uitbreking te bestry. Die streek het 'n ernstige toename in gevalle ervaar, met op 'n stadium meer as 2 000 gevalle per week. Daar is tans meer as 96 000 gevalle van malaria landwyd aangemeld. Kosmos 94.1 Nuus het met Richard Kamwi, voormalige gesondheidminister en ambassadeur vir malaria-uitwissing 8, gepraat.

