
Tau meen VSA-handelsooreenkoms steeds op tafel
Loading player...
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hy verwag gesprekke oor ʼn handelsooreenkoms met Amerika sal voortgaan. Suid-Afrika probeer president Donald Trump se administrasie oorreed om die 30-persent tarief wat in Augustus op uitvoere na Amerika ingestel is, te verlaag. Diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande is gespanne, veral nadat Amerika die G20-leiersberaad geboikot het. Tau het ook gesê die hernuwing van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika wat in September verstryk het, is steeds op die tafel:

