ECN vra ordelike, hoflike stemdag

Loading player...
Namibiërs stem vandag vir hulle plaaslike en streeksverteenwoordigers met stembusse wat regoor die land om sewe-uur oopmaak. Die Verkiesingskomssie moedig leiers en kandidate aan om vroeg by hul aangewese stemlokale op te daag om hul stemme uit te bring, waardeur hul ondersteuners gemotiveer word om in groot getalle op te daag. Die kommisse vra verder dat kiesers hoflikheid teenoor pensioenarisse en ander kwesbare lede van die samelewing toon deur hulle toe te laat om eerste te stem. Kiesers word aangemoedig om sambrele, water en, waar van toepassing, kampstoele saam te neem. Reën word voorspel. Namibië stem vandag in die streeks- en plaaslike owerheidsverkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Zenia Klazen, die direkteur van die Namibiese Verkiesingskommissie.
25 Nov 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer Europese steun teen diskriminasie in SA, sê AfriForum

AfriForum sê Europese steun vir Suid-Afrika se minderheidsgemeenskappe groei namate bewustheid van misbruike deur die ANC-regering toeneem. Die burgerregte-organisasie het die Europese Parlement ingelig oor plaasmoorde, eiendomsbedreigings en diskriminerende beleide. Ernst van Zyl van AfriForum sê hulle veldtog onder die titel 'Die wêreld moet weet' is daarop gemik om wêreldwye…
6 Dec 1AM 1 min

Copps 94.1: Rowwe aand op Walvisbaai

Copps 94.1, in samewerking met die Namibiese polisie, reserviste en vrywilligers, het ‘n besige Vrydagaand op Walvisbaai agter die rug, met dronkbestuur en dwelms wat ‘n groot probleem op dié kusdorp is. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus berig van die toneel oor van die voorvalle waar hulle moes ingryp:
5 Dec 11PM 1 min

Krag sal Sondag af wees in Otjiwarongo, Tsumeb

Kragonderbrekings sal Sondag, 7 Desember, in Otjiwarongo en Tsumeb plaasvind terwyl Cenored en NamPower groot substasietoetse van 8-uur die oggend tot 5-uur die middag uitvoer, met 'n tweede onderbreking wat op 14 Desember vir Otjiwarongo beplan word. Die werk sluit belangrike primêre en sekondêre inspuittoetse in Tsumeb en die oordrag…
5 Dec 10AM 1 min

Kaapse Forum en Saai takel bemagtiging deur landbou

Die Kaapse Forum en Saai het 'n vennootskap aangegaan om Kleurling-gemeenskappe, insluitend skole, te bevoordeel. Die forum se woordvoerder, Bernard Pieters, sê die vennootskap sal volhoubare landbouprojekte, soos groentetuine en pluimveeboerderye begin om leerders en jong werkers vaardighede sowel as blootstelling aan nasionale en internasionale geleenthede te bied:
5 Dec 10AM 1 min