Vaaldam se sluise bly stroom

Loading player...
Die departement van water en sanitasie hou tien sluise by die Vaaldam oop en het die vrystelling van die Bloemhofdam Vrydagoggend verhoog. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê die Vaaldam is op 106,8 persent en die Bloemhofdam is 97,76 persent vol. Mavasa waarsku dat gemeenskappe en infrastruktuur stroomaf geraak kan word, en versoek waaksaamheid, die beveiliging van bates, en om vee na hoër grond te verskuif as deel van voortgesette vloedbestuursoperasies.
29 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regering werskaf met noodvoedsel in Zambezi

Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula sê pogings is aangewend om te verseker dat die noodhulpvoedsel van die Kantoor van die Eerste Minister vloedgeteisterde gemeenskappe in afgeleë gebiede bereik. Dit is te midde van kommer dat die vervoer van sakke rys, kookolie en ingemaakte vis 'n uitdaging is in afgesnyde gemeenskappe wat erg…
25 Apr 4AM 1 min

Vasvat van korrupte regeringslui nie goed genoeg, sê GOOD

Die GOOD-party sê senior regeringsamptenare word nie genoeg aanspreeklik gehou vir die misbruik van openbare fondse nie. Die party voer aan daar is te min optrede teen onreëlmatige besteding en dit word nie nie konsekwent regoor die regering toegepas nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die saak van…
25 Apr 2AM 1 min

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min