Vier vas oor beweerde militêre werwing vir Rusland

Loading player...
Vier verdagtes verskyn môre in die Kemptonpark-landdroshof nadat hulle in hegtenis geneem is vir vermoedelike oortreding van die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand. Hulle is by OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep terwyl hulle op pad na Rusland was. Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale sê 'n Suid-Afrikaanse vrou het na bewering hul werwing vir die Russiese weermag fasiliteer. Mogale het aan SABC News gesê elektroniese toestelle is gekonfiskeer en owerhede ondersoek moontlike wyer veiligheidsbedreigings:
30 Nov 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vasvat van korrupte regeringslui nie goed genoeg, sê GOOD

Die GOOD-party sê senior regeringsamptenare word nie genoeg aanspreeklik gehou vir die misbruik van openbare fondse nie. Die party voer aan daar is te min optrede teen onreëlmatige besteding en dit word nie nie konsekwent regoor die regering toegepas nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die saak van…
25 Apr 2AM 1 min

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min