Namibiese seuns verstom by Junior Wêreldbeker

Loading player...
Namibië se Junior Mans het 'n kragtige vertoning gelewer om Egipte met 4-2 te verslaan by die FIH Hokkie Junior Wêreldbeker in Indië. Deur twee doele in elke helfte aan te teken, het die span hul eerste oorwinning ooit by die toernooi gevier, 'n mylpaal-oomblik vir Namibiese hokkie. Josh van der Merwe is tereg aangewys as Speler van die Wedstryd na 'n uitstaande vertoning.
1 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vasvat van korrupte regeringslui nie goed genoeg, sê GOOD

Die GOOD-party sê senior regeringsamptenare word nie genoeg aanspreeklik gehou vir die misbruik van openbare fondse nie. Die party voer aan daar is te min optrede teen onreëlmatige besteding en dit word nie nie konsekwent regoor die regering toegepas nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die saak van…
25 Apr 2AM 1 min

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min