Metropolisie moet veral in Kaapstad uitgebrei word

Loading player...
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, dring aan op onmiddellike stappe om die skuldigbevindingsyfers vir bende-, vuurwapen- en dwelmmisdade te verbeter nadat die jongste kwartaallikse misdaadstatistieke hoë geweldmisdaad toon. Die Burgemeesterskomiteelid, Lyndon Khan sê die stad bied hulpbronne aan, insluitend dossiere wat gereed is vir vervolging, beamptes van die Wetstoepassing se Bevorderingsplan en Metropolisie ondersteuning. Hy sê die waarnemende minister van Polisie word versoek om munisipale polisiëringsmagte uit te brei en die SAPD dringend te bemagtig om skuldigbevindings te verbeter:
1 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min