Regering kry kritiek oor houding oor kolonialisme

Loading player...
Die regering word gekritiseer nadat die minister van internasionale betrekkinge, Selma Ashipala-Musavyi, 'n kragtige internasionale oproep tot geregtigheid oor koloniale misdade gelewer het, terwyl die regering se houding tuis 'n heel ander storie vertel. By 'n wêreldkonferensie in Algiers het Ashipala-Musavyi geëis dat die wêreld uiteindelik die gruweldade van die koloniale era erken en wetlik aanspreek. Voormalige ambassadeur Pius Dunaiski het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat haar boodskap skerp bots met die regering se benadering in onderhandelinge met Duitsland oor die Ovaherero-Nama-volksmoord van 1904–1908.
2 Dec 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min