Trump blink, DSTV sink en Afrikaanse boeke skitter

Loading player...
In hierdie week se KLETS "beklets" ons alles van wêreldpolitiek, plaaslike “affairs”, kultuur, wyn, inkopies, en natuurlik ’n paar Suid-Afrikaanse oorwinnings.

Trump het op 1 Desember 2025 die G20 oorgeneem in tipiese Trump-styl, met 'n gebalde vuis en selfversekerd, met sy belofte dat “The Best is Yet to Come”. Ons vermoed hy bedoel nie vir Suid-Afrika nie, maar hey, dis mos nie nuus nie.

Wat wel nuus is: as jy ’n lesbeen is, kan jy volgens nuwe gerugte bietjie ligter asemhaal, want jou kans vir HIV-blootstelling is glo heelwat laer as jou ander broers en susters. En natuurlik kry Matthys sy weeklikse Steenhuisen-steek in, want tradisie is tradisie.

DSTV bloei steeds subskripsies soos ’n kraan met ’n strip oopgedraai, en nou gaan daar waarskynlik nog 12 kanale van die boeket verdwyn net betyds vir Kersfees. MultiChoice, baie dankie vir die geskenk.

Maar gelukkig is dit nie net slegte nuus nie. Die Top 100 Afrikaanse boeke van die afgelope 100 jaar is aangekondig. En as jy in jou middeljare is, het jy ten minste een van hulle gelees – óf onder protes op skool, óf omdat Daleen Matthee se bostriologie jou hart in jou borskas laat bons het. En kom nou… watter Afrikaanse huis is volledig sonder Kook en Geniet van tannie SJA de Villiers?

Intussen maak Isabella Niehaus en Louis Janse van Vuuren weer internasionale nuus. Hulle boek There’s a Vegan on my Verandah het nóg ’n Gourmand World Cookbook Award ingepalm, hierdie keer as die beste vegan kookboek van die afgelope 30 jaar. Luister weer na ons onderhoud uit 2023 met Isabella Niehaus - https://afrikaans.radio/klets/die-grande-madame-langebaan/

Bartho Eksteen Wynlandgoed, saam met Maroela Media, het ’n reeks unieke wynbottels geskep wat Afrikaanse ikone vereer. Nou kan jy met trots én tanniene ’n glasie klink op ’n Suid-Afrikaanse legende. En as jy ons gesprek met Bartho en Pieter Willem gemis het, luister hier: https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-waardes/

Colene sluit die episode af met die 2025 trending Kersgeskenke, én die lys van die mees gekaapte voertuie in Suid-Afrika. Moenie sê ons het jou nie gewaarsku nie.

Dis politiek, kultuur, bietjie krisisbestuur en ’n hele sak vol idees vir Kersgeskenke. Dis KLETS.
3 Dec Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Die G20, Wynroem en DA Uber Eats Gate

In hierdie week se “KLETS” word wêreldpolitiek, plaaslike drama en ’n tikkie Uber Eats op die tafel gesit, "dis koue kos, skat!" Ons begin by Gauteng se G20-lockdown, die konferensie wat Suid-Afrika trots as ’n reuse sukses verklaar het. Want niks sê “internasionale sukses” so goed soos om jou grootste…
26 Nov 53 min

Wie is Ons Nou? ’n Gesprek oor Identiteit en Verantwoordelikheid

In hierdie kragtige en eerlike KLETS-episode grawe ons diep in die veelvlakkige vraagstuk van Afrikaanse identiteit en wat dit vandag beteken om ’n Afrikaner in Suid-Afrika te wees. Ons begin by die omstrede “Nie in ons naam” brief, wat ’n hele veldbrand aan gesprekke in en buite die Afrikaanse gemeenskap…
18 Nov 57 min

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min