Gholf: Tiger Woods sê hy herstel baie stadig na operasie

Loading player...
Die vyftienmalige major-kampioen Tiger Woods sê sy herstel van 'n rugoperasie is nie so vinnig as wat hy graag sou wou hê nie. Die 49-jarige Amerikaner het in Oktober 'n rugoperasie ondergaan, sy tweede in 'n bietjie meer as 'n jaar en sewende sedert 2014. Hy het ook vroeër vanjaar 'n operasie ondergaan om 'n geskeurde linkerhak-sening te heg. Woods, wat laas gespeel het in verlede jaar se Britse Ope, sê hy het nog nie 'n terugkeerdatum nie:
3 Dec 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min