SA stem ook dat Rusland onmiddellik Oekraïne se kinders vrylaat

Loading player...
Suid-Afrika het ten gunste van die konsepvoorstel van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gestem om te eis dat Rusland dadelik die veilige en onvoorwaardelike terugkeer van alle Oekraïnse kinders wat gedwing is om te verskuif of gedeporteer is, verseker. Een-en-negentig lande het ten gunste van die mosie gestem, 12 daarteen, insluitend Rusland, Soedan en Iran en 57 het buite stemming gebly. Moskou het sedert Februarie 2022 ten minste 20 000 Oekraïnse kinders ontvoer. Die minister van Buitelandse Sake van Oekraïne, Mariana Betsa, sê Rusland het kinders die kwesbaarste teiken van aggressie gemaak:
4 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min