Vrae ontstaan oor Nsfas-beurs aan 70-jarige

Loading player...
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta doen ʼn beroep op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om te verduidelik hoe hy die beginsels van lewenslange leer balanseer met die maatskaplik-ekonomiese noodsaaklikheid om die jeug te ondersteun. Die skema word gekritiseer omdat hy ʼn beurs aan ʼn 70-jarige student toegestaan het. Altesaam 612 mense wat by die skema aansoek gedoen het vir finansiële hulp in 2026, is 50 jaar en ouer. Makaneta sê die land skuld jong skoolverlaters alle beskikbare befondsingsgeleenthede:
4 Dec 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min