DA sê hy sal taalregte in skole bly verdedig

Loading player...
Die DA sê hy is ongelukkig dat daar 'n doelbewuste verdraaiing was in beriggewing dat die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, voormalige Model C-skole teiken. Dit gaan oor taalbeleide in skole. Jan de Villiers van die DA sê hulle ondersteun Gwarube se bevordering van moedertaal-gebaseerde tweetalige onderwys. Hy voeg by dat die party ook die regte van skoolbeheerliggame, gelei deur ouers, ten sterkste verdedig om taalbeleid in ooreenstemming met die wet te bepaal:
4 Dec 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe Napha-president sit doelwitte uiteen

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het 'n nuwe president. Hannes du Plessis is deur lede verkies en neem oor by Axel Cramer vir die volgende twee jaar. Kosmos 94.1 Nuus het by Du Plessis aangeklop om uit te vind wat sy doelstellings is vir sy termyn.
5 Dec 9AM 1 min

Arbeidskenner pleit weer vir basiese inkomstetoelaag

Reaksie word ontvang op berigte dat meer as 500 Gochas inwoners opgedaag het vir drie matrone- en vyf skoonmaker posisies. ‘n Paar jaar gelede het meer as 3 000 werksoekers opgedaag vir ‘n handvol skoonmaker poste by Sentraal-hospitaal in die hoofstad en ook in Windhoek het ‘n stormloop voorgekom toe…
5 Dec 8AM 1 min

Nee, Swapo het wel verkiesings gewen

Die LPM het in 'n onlangse persverklaring gesê dat Swapo nie eintlik die verkiesing gewen het nie, en dat die opposisie nie verloor het nie. Volgens kommentators het Swapo gewen want daar is hernude vertroue in die party as gevolg van Netumbo Nandi-Ndaitwah se presidentskap. Cirrus het die syfers ontleed…
5 Dec 8AM 1 min

Behuisingsaktivis stem saam met Ngurare oor grond

Die eerste minister, Elijah Ngurare, het by 'n kabinetswegbreeksessie die kwessie van grond, die beskikbaarheid en die koste daarvan bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Heinrich Amushila van die Shack Dwellers Federation, wat aangestel is op die taakspan oor grond. Hy meen Ngurare se voorstel dat Tradisionele Owerhede land…
5 Dec 8AM 1 min

Studie onthul omvang van korrupsie in SA

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing sê dit is uiters belangrik om 'n kultuur van zero-toleransie teenoor korrupsie te bevorder om 'n regverdige en onpartydige Suid-Afrika tot stand te kan bring. Die raad het die uitslae van sy navorsingsprojek, Korrupsie en Gedragsverandering: Opsporing van Maatskaplike Norme en Waardes in Suid-Afrika, vrygestel…
5 Dec 7AM 1 min